1 Mirjam en Aäron het vir Moses aangespreek oor die Kussitiese vrou wat hy gevat het, want hy het met 'n Kussitiese vrou getrou.
2 “Het die Here dan net deur Moses gepraat,” wou hulle ook nog weet, “en nie ook deur ons nie?”Die Here het dit gehoor.
3 Moses was 'n uiters sagmoedige man, meer as enigiemand anders op die aarde.
4 Die Here het onmiddellik vir Moses, Aäron en Mirjam gesê: “Gaan julle aldrie na die tent van ontmoeting toe!” En hulle drie het gegaan.
5 Die Here het toe in 'n wolk afgekom, by die ingang van die tent gaan staan en Aäron en Mirjam nader geroep. Toe hulle twee nader kom,
6 het die Here gesê:“Luister na wat Ek sê:As daar 'n profeet van die Here onder julle is,maak Ek My aan hom bekend deur visioeneen praat Ek met hom in drome.
7 Maar met my dienaar Moses is dit anders.Hy is die betroubaarste in my diens.