8 Met hóm praat Ek direk en persoonlik,nie in raaisels nie.Hy sien selfs die gestalte van die Here.Waarom was julle dan nie bangom só met my dienaar Moses te praat nie?”
9 Die toorn van die Here het teen hulle ontvlam en Hy het van hulle af weggegaan.
10 Toe die wolk van die tent af optrek, staan Mirjam daar melaats soos sneeu. Toe Aäron na Mirjam toe draai, is sy melaats.
11 Hy het vir Moses gesê: “Asseblief, Meneer, moet tog nie die sonde wat ons in dwaasheid begaan het, teen ons hou nie.
12 Laat sy tog nie wees soos 'n doodgebore kind waarvan die liggaam by geboorte al halfpad verteer is nie.”
13 Toe het Moses die Here aangeroep en gesê: “Maak haar tog gesond, o God!”
14 Die Here het vir Moses geantwoord: “As haar pa haar in die gesig gespoeg het, sou dit nie vir sewe dae lank vir haar 'n skande gewees het nie? Laat sy dan nou sewe dae lank uit die kamp uitgesluit word, en daarna kan sy terugkom.”