1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Stuur manne om Kanaän, wat Ek aan die Israeliete sal gee, te verken. Uit elke voorvaderlike stam moet jy een stuur wat 'n leier onder hulle is.”
3 Op die bevel van die Here het Moses hulle toe van die Paranwoestyn af uitgestuur. Al die manne was leiers onder die Israeliete.
4 Hulle wasSammua, seun van Sakkur uit die stam Ruben,
5 Safat, seun van Gori uit die stam Simeon,
6 Kaleb, seun van Jefunne uit die stam Juda,