17 Moses het hulle gestuur om Kanaän te verken, en vir hulle gesê: “Trek deur die Suidland en op na die bergwêreld toe.
18 Bekyk die land, hoe dit is, en of die mense wat daar woon, sterk of swak, min of baie is,
19 of die land waarin hulle woon, goed of sleg is, en of die mense se stede oop of versterk is,
20 of die grond vrugbaar of skraal is, of dit bome het of nie. Doen julle bes om van die land se vrugte saam te bring.”Dit was juis die tyd van die eerste ryp druiwe.
21 Hulle het toe die land gaan verken, van die Sinwoestyn af tot by Regob, by Lebo-Hamat.
22 Hulle het deur die Suidland getrek en by Hebron gekom, waar Agiman, Sesai en Talmai, afstammelinge van Enak, gewoon het. Hebron is reeds sewe jaar voor die Egiptiese stad Soan gebou.
23 Toe hulle by Eskolspruit kom, het hulle daar 'n rank met een druiwetros afgesny. Twee van hulle het dit aan 'n stok gedra, saam met 'n paar granate en vye.