16 Een en dieselfde wet en bepaling moet op julle en op die vreemdeling wat by julle woon, van toepassing wees.”
17 Die Here het ook vir Moses gesê:
18 “Sê vir die Israeliete: As julle in die land kom waarheen Ek julle bring,
19 en julle eet van die land se brood, moet julle 'n offergawe vir My bring.
20 Offer 'n ringbrood van julle eerste growwe meel, en bied dit aan as 'n offergawe van julle dorsvloer af. So moet julle dit offer.
21 Al julle geslagte moet altyd weer 'n offergawe van die eerste growwe meel aan My gee.”
22 “Dit kan gebeur dat julle onopsetlik sondig en nie handel volgens al die gebooie wat Ek, die Here, aan Moses gegee het nie,