2 “Sê vir die Israeliete: As julle in die land kom wat Ek vir julle as woonplek gee,
3 en julle vir My, die Here, van julle beeste of kleinvee 'n vuuroffer wil aanbied wat vir My aanvaarbaar is, 'n brandoffer of 'n ander diereoffer om 'n gelofte te betaal of as vrywillige offer, of by julle feestye,
4 dan moet die een wat sy offer bring, vir My ook 'n graanoffer bring van een en 'n half kilogram meel, gemeng met een liter olie.
5 “Saam met elke lam wat as brandoffer of ander diereoffer gebring word, moet jy 'n liter wyn as drankoffer aanbied.
6 “Vir 'n ram moet jy 'n graanoffer aanbied van drie kilogram meel, gemeng met een en 'n derde liter olie,
7 en daarby een en 'n derde liter wyn as drankoffer. Jy moet dit bring dat dit vir My, die Here, aanvaarbaar is.
8 “As jy 'n jong bul as brandoffer of ander diereoffer aanbied om 'n gelofte te betaal of as ander maaltydoffer aan My,