14 Daarna volg die stam Gad met Eljasaf seun van Reüel as leier.
15 Die getal van sy weerbare manne is 45 650.
16 Die hele kamp onder leiding van Ruben, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 151 450 weerbare manne.“Hierdie stamme moet altyd tweede versit.
17 “Die kamp van die Leviete met die tent van ontmoeting moet altyd in die middel van die ander kampe bly wanneer hulle trek. In dieselfde orde waarin die stamme kamp opslaan, moet hulle ook die kamp opbreek, elkeen op sy eie plek en by sy eie vaandel.
18 “Aan die westekant moet die stam Efraim kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Elisama seun van Ammihud is die leier van die stam.
19 Die getal van die weerbare manne is 40 500.
20 Die stam Manasse moet langs Efraim wees. Gamliël seun van Pedasur is sy leier.