18 “Aan die westekant moet die stam Efraim kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Elisama seun van Ammihud is die leier van die stam.
19 Die getal van die weerbare manne is 40 500.
20 Die stam Manasse moet langs Efraim wees. Gamliël seun van Pedasur is sy leier.
21 Die getal van sy weerbare manne is 32 200.
22 Daarna volg die stam Benjamin met Abidan seun van Gidoni as leier.
23 Die getal van sy weerbare manne is 35 400.
24 Die hele kamp onder leiding van Efraim, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 108 100 weerbare manne.“Hierdie stamme moet altyd derde versit.