25 “Aan die noordekant moet die stam Dan kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Agiëser seun van Ammi-Saddai is die leier van hierdie stam.
26 Die getal van Dan se weerbare manne is 62 700.
27 Die stam Aser moet langs Dan kamp opslaan. Pagiël seun van Okran is leier van die stam.
28 Die getal van Aser se weerbare manne is 41 500.
29 Daarna volg die stam Naftali met Agira seun van Enan as leier.
30 Die getal van sy weerbare manne is 53 400.
31 Die hele kamp onder leiding van Dan is altesaam 157 600 weerbare manne.“Hierdie stamme moet met hulle vaandels die laaste versit.”