26 Die getal van Dan se weerbare manne is 62 700.
27 Die stam Aser moet langs Dan kamp opslaan. Pagiël seun van Okran is leier van die stam.
28 Die getal van Aser se weerbare manne is 41 500.
29 Daarna volg die stam Naftali met Agira seun van Enan as leier.
30 Die getal van sy weerbare manne is 53 400.
31 Die hele kamp onder leiding van Dan is altesaam 157 600 weerbare manne.“Hierdie stamme moet met hulle vaandels die laaste versit.”
32 Dit was dan die groottotaal van al die Israeliete, getel volgens families. Al die geteldes van die kampe, ingedeel in leërafdelings, was 603 550 man.