5 Die stam Issaskar moet langs Juda kamp opslaan. Netanel seun van Suar is sy leier.
6 Die getal van sy weerbare manne is 54 400.
7 Daarna volg die stam Sebulon met Eliab seun van Gelon as leier.
8 Die getal van sy weerbare manne is 57 400.
9 Die hele kamp onder leiding van Juda, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 186 400 weerbare manne.“Hierdie drie stamme moet altyd eerste versit.
10 “Aan die suidekant moet die stam Ruben kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Elisur seun van Sedeür is die leier van die stam.
11 Die getal van Ruben se weerbare manne is 46 500.