17 Israel het toe hierdie lied gesing:“Put, lewer jou water,en ons sal daarvan sing!
18 Put wat deur leiers gegrawe is,wat deur vernames van die volk oopgemaak ismet septer en kierie.”Van die woestyn af is die Israeliete na Mattana toe,
19 van Mattana af na Nagaliël toe, van Nagaliël af na Bamot toe,
20 en van Bamot af na die vallei in die gebied van Moab, naby die top van Pisgaberg wat afkyk op die droë wêreld.
21 Die Israeliete het boodskappers gestuur na koning Sihon van die Amoriete toe met die versoek:
22 “Laat ons toe om deur u land te trek. Ons sal nie afdraai na die lande of die wingerde toe nie, en ons sal ook nie water uit die putte drink nie. Ons sal net met die Koningspad langs trek totdat ons deur u gebied is.”
23 Sihon wou Israel egter nie toelaat om deur sy gebied te trek nie. Hy het al sy manskappe opgeroep en Israel in die woestyn tegemoet getrek. Toe Sihon by Jahas kom, het hy Israel aangeval.