25 Die Israeliete het al die stede van die Amoriete verower en daarin gaan woon, ook in Gesbon en al sy buitedorpe.
26 Gesbon was die stad van koning Sihon van die Amoriete. Sihon het teen 'n vorige koning van Moab oorlog gemaak en sy hele gebied tot aan die Arnon van hom afgevat.
27 Daarom sê die digters:“Kom na Gesbon toe, bou dit weer op,herstel die stad van Sihon.
28 Daar het 'n vuur uit Gesbon uit gegaan,'n vlam uit die stad van Sihon,en dit het Ar-Moab verteerwat die Arnonhoogtes beheer.
29 Dis klaar met jou, Moab,jy gaan tot niet, volk van Kemos!Hy moes sy seuns as vlugtelinge prysgee,sy dogters as gevangenes aan koning Sihon van die Amoriete!
30 Maar nou het ons op hulle losgetrek:Gesbon se gebied is verwoes tot by Dibon,ons het hulle uitgeroei tot by Nofag,tot by Medeba.”
31 So het Israel dan in die land van die Amoriete gaan woon.