28 Daar het 'n vuur uit Gesbon uit gegaan,'n vlam uit die stad van Sihon,en dit het Ar-Moab verteerwat die Arnonhoogtes beheer.
29 Dis klaar met jou, Moab,jy gaan tot niet, volk van Kemos!Hy moes sy seuns as vlugtelinge prysgee,sy dogters as gevangenes aan koning Sihon van die Amoriete!
30 Maar nou het ons op hulle losgetrek:Gesbon se gebied is verwoes tot by Dibon,ons het hulle uitgeroei tot by Nofag,tot by Medeba.”
31 So het Israel dan in die land van die Amoriete gaan woon.
32 Moses het manne gestuur om Jaser te gaan verken. Hulle het Jaser en sy buitedorpe ingeneem en die Amoritiese inwoners verdryf.
33 Hulle het toe weggedraai en in die rigting van Basan getrek. Koning Og van Basan het hulle tegemoet getrek met sy hele leërmag en hulle by Edreï aangeval.
34 Die Here het vir Moses gesê: “Moenie vir hom bang wees nie. Ek gee hom met sy hele leër en sy land in jou mag oor. Doen met hom soos jy gedoen het met koning Sihon van die Amoriete wat in Gesbon gewoon het.”