1 Daarna het die Israeliete verder getrek en kamp opgeslaan in die Moabsvlakte teenoor Jerigo, oos van die Jordaan.
2 Balak seun van Sippor het gehoor van alles wat Israel aan die Amoriete gedoen het.
3 Die Moabiete het baie groot geskrik vir die Israeliete, want hulle was baie.Die Moabiete het bang geword vir die Israeliete
4 en het vir die leiers van Midian gesê: “Hierdie horde gaan alles rondom ons opvreet soos beeste die gras in die veld opvreet.” Balak seun van Sippor was destyds koning van Moab
5 en hy het boodskappers gestuur om vir Bileam seun van Beor te laat haal. Hy was in Petor aan die Eufraat in die land Ammau.Balak het hom laat weet: “'n Volk wat uit Egipte kom, het hier by my kom intrek. Die aarde is tóé onder hulle.