10 Wie kan die stof tel, wie vir Jakob,wie kan selfs een kwart van Israel se getal bereken?Mag ek ook eendag as opregte sterwe,mag my einde soos hierdie volk s'n wees.”
11 Toe sê Balak vir Bileam: “Wat het jy my nou aangedoen? Ek laat jou kom om my vyande te vervloek, en jy kom seën hulle!”
12 Bileam het geantwoord: “Ek moes tog presies kom sê wat die Here my voorgesê het.”
13 Toe sê Balak vir Bileam: “Kom saam met my na 'n ander plek toe. Van daar af sal jy net 'n deel van hulle kan sien, nie almal nie. Vervloek hulle vir my van daar af!”
14 Balak vat hom toe na 'n uitkykpos op die top van Pisgaberg. Daar bou hy sewe altare en offer op elke altaar 'n bul en 'n ram.
15 Daarna sê Bileam vir Balak: “Bly jy hier by jou brandoffer, terwyl ek eenkant toe gaan om van God 'n openbaring te vra.”
16 Die Here het Hom aan Bileam geopenbaar, hom gesê wat om te sê en hom beveel: “Gaan na Balak toe terug en sê dit vir hom.”