17 Bileam het toe by Balak gekom waar hy en die amptenare van Moab by die brandoffer staan. Balak vra hom toe: “Wat het die Here gesê?”
18 Toe kom Bileam met hierdie uitspraak:“Kom luister, Balak,hoor wat ek sê, seun van Sippor.
19 God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie,'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.Sou Hy iets sê en dit nie doen nie,iets belowe en dit nie uitvoer nie?
20 Ek het die opdrag om te seën:Hý het geseën, en ék kan niks daaraan verander nie.
21 Jy sal nie vind dat 'n ramp vir Jakob tref nie,jy sal Israel nie sien swaarkry nie:die Here hulle God is by hulle;oor Hom, hulle koning, jubel hulle.
22 God het hulle uit Egipte laat trek,sy krag is vir hulle soos die horings van 'n buffel.
23 Geen toordery rig iets uit teen Jakob nie,geen waarsêery iets teen Israel nie.Nou word daar oor Jakob, oor Israel gesê:‘Wat het God nie alles gedoen nie!’