27 Toe sê Balak vir Bileam: “Kom ek vat jou na 'n ander plek toe. Miskien vind God dit tog goed dat jy die volk daarvandaan vir my vervloek.”
28 Balak vat toe vir Bileam na die top van Peor toe wat afkyk op die droë wêreld.
29 Bileam het vir hom gesê: “Bou hier vir my sewe altare en maak vir my sewe bulle en sewe ramme gereed vir offers.”
30 Balak het gedoen wat Bileam gesê het en op elke altaar 'n bul en 'n ram geoffer.