6 Bileam het by Balak gekom waar hy en al die amptenare van Moab by die brandoffer staan.
7 Toe kom Bileam met hierdie uitspraak:“Uit Aram het Balak my laat kom,die koning van Moab het my laat komuit die berge in die ooste.‘Kom,’ het hy gesê, ‘vervloek Jakob vir my;kom, kondig 'n ramp aan oor Israel.’
8 Maar hoe kan ek hóm vervloekvir wie God nie vervloek nie,hoe kan ek 'n ramp oor hóm aankondigas die Here dit nie aangekondig het nie?
9 “Hier van die hoë rotse af sien ek vir Israel,van die hoogtes af kyk ek na hom!Ek sien 'n volk wat op sy eie woonen hom van die nasies afsonder.
10 Wie kan die stof tel, wie vir Jakob,wie kan selfs een kwart van Israel se getal bereken?Mag ek ook eendag as opregte sterwe,mag my einde soos hierdie volk s'n wees.”
11 Toe sê Balak vir Bileam: “Wat het jy my nou aangedoen? Ek laat jou kom om my vyande te vervloek, en jy kom seën hulle!”
12 Bileam het geantwoord: “Ek moes tog presies kom sê wat die Here my voorgesê het.”