1 Bileam het nou al geweet dat die Here vir Israel wil seën, en daarom het hy nie soos die vorige kere 'n voorteken gaan soek nie. Hy het na die woestyn toe gedraai
2 en toe hy opkyk en die stamme van Israel langs mekaar sien woon, het die Gees van God oor hom gekom,
3 en toe kom Bileam met hierdie uitspraak:“Die openbaring aan Bileam seun van Beor,die openbaring aan 'n man wie se oë geopen is,
4 die openbaring aan een wat die woorde van God hoor,wat sien wat die Almagtige hom laat sien,wat in gebed neerval, en sy oë word geopen:
5 Hoe mooi is jou tente, Jakob,jou wonings, Israel!
6 Hulle lyk soos uitgestrekte valleie,soos tuine aan 'n rivier,soos aalwyne wat deur die Here geplant is,soos sederbome by die water.
7 Israel se waterkruike loop oor,hy saai waar oorvloed water is.Sy koning is sterker as Agagen sy koninkryk groei steeds.