11 Maak dat jy wegkom na jou eie plek toe. Ek het belowe om jou goed te betaal, maar die Here het gekeer dat jy betaal word.”
12 Bileam sê toe vir Balak: “Ek het mos al vir die boodskappers wat jy na my toe gestuur het, gesê:
13 ‘Selfs al gee Balak vir my sy paleis vol silwer of goud, mag ek niks doen, goed of kwaad, teen die opdrag van die Here in nie. Ek kan net sê wat die Here vir my voorsê.’
14 Ek gaan terug na my mense toe, maar ek wil eers vir jou sê wat hierdie volk in die toekoms aan jou volk sal doen.”
15 Bileam het toe met hierdie uitspraak gekom:“Die openbaring aan Bileam seun van Beor,die openbaring aan 'n man wie se oë geopen is,
16 die openbaring aan een wat die woorde van God hoor,wat sy kennis ontvang het van die Allerhoogste,wat in gebed neerval, en sy oë word geopen:
17 Ek sien hom, maar hy kom nie nou al nie,ek kyk na hom, maar hy is nie naby nie,daar kom 'n ster uit Jakob,daar staan 'n heerser in Israel op.Hy verpletter die voorkop van Moab,hy vernietig al die opstandiges.