14 Ek gaan terug na my mense toe, maar ek wil eers vir jou sê wat hierdie volk in die toekoms aan jou volk sal doen.”
15 Bileam het toe met hierdie uitspraak gekom:“Die openbaring aan Bileam seun van Beor,die openbaring aan 'n man wie se oë geopen is,
16 die openbaring aan een wat die woorde van God hoor,wat sy kennis ontvang het van die Allerhoogste,wat in gebed neerval, en sy oë word geopen:
17 Ek sien hom, maar hy kom nie nou al nie,ek kyk na hom, maar hy is nie naby nie,daar kom 'n ster uit Jakob,daar staan 'n heerser in Israel op.Hy verpletter die voorkop van Moab,hy vernietig al die opstandiges.
18 Edom sal verower word,Seïr, die vyand van Israel, sal ingeneem word,maar Israel sal al sterker word.
19 Een uit Jakob sal heersen hy sal dié vernietigwat uit Edom se hoofstad wegvlug.”
20 Bileam het ook vir Amalek gesien en met hierdie uitspraak gekom:“Amalek is die eerste onder die nasies,maar ondergang wag hom in.”