4 die openbaring aan een wat die woorde van God hoor,wat sien wat die Almagtige hom laat sien,wat in gebed neerval, en sy oë word geopen:
5 Hoe mooi is jou tente, Jakob,jou wonings, Israel!
6 Hulle lyk soos uitgestrekte valleie,soos tuine aan 'n rivier,soos aalwyne wat deur die Here geplant is,soos sederbome by die water.
7 Israel se waterkruike loop oor,hy saai waar oorvloed water is.Sy koning is sterker as Agagen sy koninkryk groei steeds.
8 God het hulle uit Egipte laat trek,sy krag is vir hulle soos die horings van 'n buffel.Israel vernietig die nasies wat hom teëstaan,hy breek hulle bene stukkend,hy deurboor hulle met pyle.
9 Hy buig sy knieë en gaan lê soos 'n leeu,soos 'n leeumannetjie; wie sal hom opjaag?Geseën is hulle wat jou seën,vervloek is hulle wat jou vervloek.”
10 Balak was toe baie kwaad vir Bileam. Hy het sy hande afwerend voor hom gehou en vir Bileam gesê: “Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, en jy het hulle nou al drie keer geseën.