11 “Pinehas seun van Eleasar, seun van die priester Aäron, het my toorn teen Israel laat ophou deurdat hy vir my eer opgekom het. Dit was nie nodig dat Ek self vir my eer moes opkom en die Israeliete vernietig nie.
12 “Daarom moet jy vir Pinehas sê dat Ek 'n verbond met hom sluit wat hom vir altyd ten goede sal kom.
13 Hierdie verbond verseker vir hom en vir sy nageslag 'n blywende priesterskap omdat hy vir die eer van sy God opgekom het en vir die Israeliete versoening gedoen het.”
14 Die Israelitiese man wat saam met die Midianitiese vrou doodgemaak is, was Simri seun van Salu, 'n vooraanstaande man uit die stam Simeon.
15 Die Midianitiese vrou wat doodgemaak is, was Kosbi dogter van Sur, 'n stamhoof van Midian.
16 Die Here het vir Moses gesê:
17 “Julle moet die Midianiete as julle vyande beskou en hulle doodmaak