1 Ná die ramp het die Here vir Moses en vir Eleasar seun van die priester Aäron gesê:
2 “Neem 'n sensus op van die hele volk Israel, van elke Israeliet van twintig jaar en ouer wat vir militêre diens geskik is. Julle moet dit familiegewys doen.”
3 Moses en die priester Eleasar het toe in die Moabsvlakte regoor Jerigo aan die Jordaan die opname gemaak
4 van almal van twintig jaar en ouer soos die Here vir Moses beveel het.Hier volg die opgawe van die Israelitiese families wat uit Egipte gekom het:
5 Ruben, oudste seun van Israel: die Rubenfamilies was dié van Ganok,