14 want toe die volk by Meriba in die Sinwoestyn teen My in opstand gekom het, het julle julle teen my bevel verset en My, die Heilige, nie voor die volk gehoorsaam nie.”Dit het gebeur by die Meribawaters by Kades in die Sinwoestyn.
15 Moses sê toe vir die Here:
16 “Dan moet U, Here, God wat aan alle mense die lewe gee, iemand oor hierdie volk aanstel
17 wat vir hulle 'n leier en aanvoerder kan wees sodat die volk van die Here nie soos skape sonder wagter sal wees nie.”
18 Toe sê die Here vir Moses: “Neem vir Josua seun van Nun, 'n man op wie my Gees is, en lê hom die hande op.
19 Laat hom voor die priester Eleasar en voor die hele volk staan en sê vir hom in hulle teenwoordigheid wat sy taak is.
20 Dra van jou gesag aan hom oor sodat die hele volk Israel hom kan gehoorsaam.