6 en die Here het vir hom gesê:
7 “Selofgad se dogters het gelyk. Jy moet beslis vir hulle hulle eie grond tussen dié van hulle pa se familie gee. Gee vir hulle die grond wat hulle pa sou gekry het.
8 “Sê vir die Israeliete: As iemand sterf en hy het nie 'n seun nie, moet julle sy grond aan sy dogter gee.
9 As hy ook nie 'n dogter het nie, gee sy grond vir sy broers.
10 As hy nie broers het nie, gee dit vir sy ooms aan vaderskant.
11 En as sy pa nie broers gehad het nie, moet julle sy grond vir die naaste bloedverwant uit sy familie gee, dat dié dit kan besit.”Dit moet vir die Israeliete 'n bindende voorskrif bly soos die Here vir Moses beveel het.
12 Die Here het vir Moses gesê: “Klim teen Abarimberg uit en bekyk die land wat Ek aan die Israeliete gee.