10 Dit is die brandoffer vir elke sabbat afgesien van die gereelde brandoffer en die drankoffer daarby.”
11 “Op die eerste dag van elke maand moet julle vir die Here as brandoffer bring twee jong bulle, een ram en sewe jaaroud lammers, almal sonder liggaamsgebrek.
12 Saam met elke bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met elke ram drie kilogram,
13 en saam met elke lam een en 'n half kilogram. Dit is die brandoffer, die vuuroffer, wat deur die Here aanvaar word.
14 Die drankoffer saam met elke bul is twee liter wyn, saam met elke ram een en 'n derde liter en saam met elke lam een liter. Dit is die brandoffer wat deur die jaar elke maand gebring moet word.
15 Afgesien van die gereelde brandoffer met die drankoffer daarby, moet 'n bokram as sondeoffer vir My gebring word.”
16 “Die paasfees moet op die veertiende van die eerste maand tot eer van die Here gevier word.