1 “Op die eerste van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan mag julle geen gewone werk doen nie. Dit is 'n dag vol feesvreugde vir julle.
2 Julle moet as brandoffer, wat deur die Here aanvaar word, 'n jong bul, 'n ram en sewe jaaroud lammers bring, almal sonder liggaamsgebrek.
3 Saam met die bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met die ram drie kilogram,
4 en saam met elk van die sewe lammers een en 'n half kilogram.
5 Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring om vir julle versoening te doen.
6 Julle moet hierdie offers bring afgesien van die maandelikse en die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.”
7 “Op die tiende van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan moet julle julle verootmoedig en mag julle geen werk doen nie.