16 Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.
17 “Op die tweede dag van die fees moet julle twaalf jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,
18 en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.
19 Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby.
20 “Op die derde dag moet julle elf bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,
21 en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.
22 Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring, afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.