35 “Die agste dag moet julle ook as 'n feesdag deurbring; dan mag julle geen gewone werk doen nie.
36 Julle moet as brandoffer wat deur die Here aanvaar word, 'n bul, 'n ram en sewe jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,
37 en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.
38 Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.
39 “Dit is dan die brandoffers, die graanoffers, die drankoffers en die maaltydoffers wat julle in julle feestye vir die Here moet bring, julle gelofteoffers en vrywillige offers.”
40 Dit alles het Moses vir die Israeliete gesê soos die Here hom dit beveel het.