11 Die Here het weer met Moses gepraat en gesê:
12 “Kyk, Ek het die Leviete uit die volk vir My geneem in die plek van al Israel se eersgeborenes; hulle behoort aan My.
13 Al die eersgeborenes is Myne: die dag toe Ek al die eersgeborenes van die Egiptenaars omgebring het, het Ek dié van Israel, van mens en dier, vir My opgeëis; hulle behoort aan My. Ek is die Here.”
14 Die Here het in die Sinaiwoestyn vir Moses gesê:
15 “Tel die Leviete volgens hulle afkoms en families, almal van 'n maand en ouer wat manlik is.”
16 Moses het hulle getel presies soos die Here hom beveel het.
17 Levi se seuns was Gerson, Kehat en Merari.