4 en haar pa hoor van die gelofte of die verpligting en hy maak nie daarteen beswaar nie, bly al die geloftes of die verpligtinge wat sy op haar geneem het, van krag.
5 Maar as haar pa dit afkeur wanneer hy daarvan hoor, is die geloftes of die verpligtinge wat sy op haar geneem het, nie van krag nie. Die Here sal dit nie teen haar hou nie omdat haar pa dit afgekeur het.
6 “As 'n vrou trou nadat sy aan die Here geloftes gedoen het, of onnadenkend 'n verpligting op haar geneem het,
7 en haar man hoor daarvan en maak die dag waarop hy daarvan hoor, geen beswaar nie, bly die geloftes of al die verpligtinge wat sy op haar geneem het, van krag.
8 Maar as haar man dit afkeur wanneer hy daarvan hoor, verklaar hy die gelofte of die verpligtinge wat sy onnadenkend op haar geneem het, nietig, en sal die Here dit nie teen haar hou nie.
9 “Enige gelofte wat 'n weduwee of 'n geskeide vrou gedoen het of enige verpligting wat sy op haar geneem het, bly van krag.
10 “As 'n getroude vrou 'n gelofte doen of met 'n eed 'n verpligting op haar neem,