35 twee en dertig duisend vrouens wat nog nie met mans gemeenskap gehad het nie.
36 Die soldate wat gaan veg het, se deel was drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd stuks kleinvee,
37 waarvan ses honderd vyf en sewentig as offergawe aan die Here,
38 ses en dertig duisend beeste, waarvan twee en sewentig as offergawe aan die Here,
39 dertig duisend vyf honderd donkies waarvan een en sestig as offergawe aan die Here,
40 en sestien duisend mense van wie twee en dertig as offergawe aan die Here.
41 Moses het die offergawe aan die Here vir die priester Eleasar gegee soos die Here hom beveel het.