42 Die ander Israeliete se deel wat deur Moses van dié van die soldate afgesonder is,
43 die volk se helfte, was drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd stuks kleinvee,
44 ses en dertig duisend beeste,
45 dertig duisend vyf honderd donkies en
46 sestien duisend mense.
47 Van die Israeliete se helfte het Moses een uit elke vyftig persone en diere gevat soos die Here hom beveel het, en dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die Here behartig.
48 Toe het die bevelvoerders van die leërafdelings, die bevelvoerders oor duisend en oor honderd, na Moses toe gekom