1 Die stamme Ruben en Gad het groot troppe vee besit. Hulle het gesien dat die Jaser- en Gileadstreke goeie veewêreld is,
2 en het toe vir Moses, die priester Eleasar en die volksleiers gaan sê:
3 “Die streke Atarot, Dibon, Jaser, Nimra, Gesbon, Elale, Sibma, Nebo en Baäl-Meon
4 wat deur die Here vir die volk Israel verower is, is goeie veewêreld, en ons het baie vee.
5 As u dit goedvind,” het hulle gesê, “gee dan hierdie gebied vir ons as besitting en moet ons nie verplig om deur die Jordaan te trek nie.”
6 Moses sê toe vir hulle: “Moet julle volksgenote gaan veg terwyl julle hier bly?
7 Waarom wil julle die ander Israeliete ontmoedig om na die land toe te trek wat die Here vir hulle gegee het?