27 maar al ons gewapende manne sal voor die ark van die Here uit optrek om te gaan veg soos u gesê het.”
28 Moses het toe vir die priester Eleasar, vir Josua seun van Nun en vir die leiers van die stamme van Israel
29 gesê: “As die mense van Gad en Ruben, al hulle gewapende manne, saam met julle deur die Jordaan gaan en voor die ark van die Here uit optrek om te gaan veg, en die land aan julle onderwerp is, moet julle die Gileadgebied aan hulle as 'n besitting gee.
30 Maar as hulle gewapende manne nie saam met julle gaan nie, moet hulle tussen julle in Kanaän 'n besitting kry.”
31 Die mense van Gad en Ruben het toe geantwoord: “Ons sal doen wat die Here vir ons gesê het.
32 Ons gewapende manne sal voor die ark van die Here uit optrek na Kanaän toe, maar ons besitting moet hier oos van die Jordaan wees.”
33 Moses het toe die koninkryk van koning Sihon van die Amoriete, en die koninkryk van koning Og van Basan, die hele streek met sy stede en die gebied daar rondom, aan die stamme Gad en Ruben en aan die halwe stam van Manasse seun van Josef gegee.