39 Die afstammelinge van Makir seun van Manasse het na Gilead toe gegaan, dit verower en die Amoriete wat daar was, uitgedryf.
40 Moses het Gilead toe aan die mense van Makir seun van Manasse gegee, en hulle het daar gaan woon.
41 Jaïr, ook 'n afstammeling van Manasse, het die tentdorpe gaan verower, en hulle tentdorpe van Jaïr genoem.
42 Nobag het Kenat en sy buitedorpe gaan verower, en die plek Nobag genoem, na homself.