36 Hulle het Esjon-Geber verlaat en by Kades in die Sinwoestyn kamp opgeslaan.
37 Hulle het Kades verlaat en by Horberg aan die grens van Edom kamp opgeslaan.
38 Op bevel van die Here het die priester Aäron teen Horberg uitgeklim en daar op die eerste van die vyfde maand in die veertigste jaar ná die Israeliete se uittog uit Egipte gesterf.
39 Aäron was honderd drie en twintig jaar toe hy op Horberg dood is.
40 Die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die Suidland van Kanaän gewoon het, het gehoor dat die Israeliete aan die kom is.
41 Die Israeliete het Horberg verlaat en by Salmona kamp opgeslaan.
42 Hulle het Salmona verlaat en by Punon kamp opgeslaan.