46 Hulle het Dibon-Gad verlaat en by Almon-Diblatajim kamp opgeslaan.
47 Hulle het Almon-Diblatajim verlaat en in die Abarimberge regoor Nebo kamp opgeslaan.
48 Hulle het die Abarimberge verlaat en in die Moabsvlakte aan die Jordaan regoor Jerigo kamp opgeslaan.
49 Daar in die Moabsvlakte aan die Jordaan, tussen Bet-Jesimot en Abel-Sittim, het hulle kamp opgeslaan.
50 In die Moabsvlakte aan die Jordaan regoor Jerigo het die Here vir Moses gesê:
51 “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: As julle die Jordaan na Kanaän toe oorsteek,
52 moet julle al die inwoners van dié land verdrywe. Vernietig al die afgodsbeelde wat hulle vir hulle uitgesny en gegiet het, en verwoes al hulle hoogtes.