10 “Vir julle oosgrens moet julle 'n lyn trek van Gasar-Enan af tot by Sefam.
11 Die grens loop dan van Sefam af tot by Ribla, oos van Ajin, en daarvandaan teen die oostelike oewer van die Gennesaretmeer en dan met
12 die Jordaan langs tot by die Soutsee.“Dit is die grense van julle hele land.”
13 Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle deur loting moet verdeel, die gebied wat volgens bevel van die Here aan die nege en 'n halwe stamme gegee moet word.
14 Die families in die stamme Ruben en Gad en die halwe Manassestam het reeds hulle grond gekry.
15 Hierdie twee en 'n halwe stamme het hulle grond regoor Jerigo, oos van die Jordaan, gekry.”
16 Die Here het ook nog vir Moses gesê: