3 “Julle suidgrens is die grens van die Suidland, van die Sinwoestyn af tot teen Edom. Aan die oostekant begin hierdie grens by die suidelike punt van die Soutsee,
4 daarvandaan draai dit suid van Skerpioenpas weg en loop dit deur tot by Sin. Daarvandaan gaan dit suid van Kades-Barnea tot by Gasar-Addar en dan verby tot by Asmon,
5 waar dit wegdraai en met Egiptespruit langs loop tot by die see.
6 “Julle wesgrens is die Groot See.
7 “Julle noordgrens moet loop van die Groot See af: trek 'n lyn van daar af tot by Horberg in die noorde,
8 en van daar af tot by Lebo-Hamat. Daarvandaan loop die grens na Sedad toe
9 en verder tot by Sifron en Gasar-Enan. Dit is julle noordgrens.