5 waar dit wegdraai en met Egiptespruit langs loop tot by die see.
6 “Julle wesgrens is die Groot See.
7 “Julle noordgrens moet loop van die Groot See af: trek 'n lyn van daar af tot by Horberg in die noorde,
8 en van daar af tot by Lebo-Hamat. Daarvandaan loop die grens na Sedad toe
9 en verder tot by Sifron en Gasar-Enan. Dit is julle noordgrens.
10 “Vir julle oosgrens moet julle 'n lyn trek van Gasar-Enan af tot by Sefam.
11 Die grens loop dan van Sefam af tot by Ribla, oos van Ajin, en daarvandaan teen die oostelike oewer van die Gennesaretmeer en dan met