1 Die Here het met Moses gepraat. Dit was in die Sinaiwoestyn, die eerste maand van die tweede jaar ná die uittog uit Egipte. Hy het vir hom gesê:
2-3 “Op die vasgestelde tyd, teen sonsondergang, op die veertiende dag van hierdie maand, moet die Israeliete die paasfees vier. Julle moet dit doen op die vasgestelde tyd volgens die voorskrifte en bepalings wat daarvoor geld.”
4 Moses het die Israeliete toe opdrag gegee om die paasfees te vier.
5 Hulle het dit gedoen in die Sinaiwoestyn teen sonsondergang op die veertiende dag van die eerste maand, presies soos die Here vir Moses beveel het. So het die Israeliete gedoen.