7 Die lig is aangenaam,dit is goed vir die oë om die son te sien.
8 As 'n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees.Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is.Alles kom tot niks.
9 Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeugen jou jong dae ten volle geniet.Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou,maar moenie vergeet dat Godvan jou rekenskap sal eis oor alles nie.
10 Hou kommer uit jou harten vermy wat jou liggaam kan kwaad doen.Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks.