6 Daar is baie drome, baie wat tot niks kom nie, ook baie woorde. Maar dien jy vir God!
7 As jy sien die armes word verdruk en daar is geen reg en geregtigheid in 'n gebied nie, moet jy jou nie daaroor verbaas nie: elkeen met gesag word beskerm deur 'n hoër gesag, en almal saam deur 'n hoogste gesag.
8 Maar dit is tot voordeel van 'n land in sy geheel dat almal aan die koning onderdanig is.
9 Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie.Ook hier kom dit tot niks.
10 As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie; al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou.
11 Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.
12 Ek het in hierdie wêreld 'n bitter swaar ding gesien: dat 'n man rykdom opgaar en dit vir hom ellende bring.