1 Wie het werklik wysheid?Wie kan verklaar wat gebeur?Wysheid maak 'n mens vriendelik,dit verander 'n strak gesig.
2 Wat my betref: Gehoorsaam die bevel van die koning op grond van die eed van getrouheid voor God.
3 Moenie voortvarend wees nie, moenie by 'n swak saak staan nie, gee liewer pad voor die koning, want hy doen wat hy goed vind.
4 Sy woord is wet; wie kan van hom rekenskap eis?
5 Wie 'n bevel gehoorsaam, beland nie in die moeilikheid nie. Wie wysheid het, weet wanneer en hoe hy moet handel.