1 Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle veertig jaar lank oorgegee in die mag van die Filistyne.
2 Daar was 'n man uit Sora uit die stam van Dan. Sy naam was Manoag. Sy vrou was kinderloos.
3 Die Engel van die Here het aan haar verskyn en vir haar gesê: “Jy is nou kinderloos, maar jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring.
4 Jy moet jouself goed oppas en nie wyn of bier drink nie en ook nie iets onreins eet nie.