25 Maar die mans wou nie na hom luister nie. Toe gryp die Leviet sy byvrou en stoot haar buitentoe na hulle toe. Hulle het met haar geslagsgemeenskap gehad en haar die hele nag deur tot die môre toe verrinneweer. Toe die rooidag breek, het hulle haar gelos.
26 Teen die môre se kant het sy by die huis gekom en voor die deur van die huis waarin haar man was, neergeval en bly lê tot sonop.
27 Toe haar man die môre opstaan en die huis se deur oopmaak om verder te reis, lê die vrou, sy byvrou, in die deur met haar hande op die drumpel.
28 Hy sê toe vir haar: “Staan op dat ons kan vertrek,” maar sy het nie geroer nie. Hy tel haar toe op 'n donkie en maak klaar en vertrek na sy plek toe.
29 Toe hy by die huis kom, vat hy 'n mes en die lyk van sy byvrou en sny haar op in twaalf stukke, lid vir lid, en stuur dit deur die hele gebied van Israel.
30 Elkeen wat dit gesien het, het gesê: “So iets het nog nooit gebeur vandat die Israeliete uit Egipte weggetrek het nie. Van toe af tot nou toe is so iets nog nie gesien nie. Ons moet dit ter harte neem. Ons moet 'n plan maak. Ons moet praat!”