22 Wanneer die meisies se pa's of broers 'n klag by ons kom indien, sal ons vir hulle sê: Kyk, ons het nie genoeg vrouens vir hulle in die oorlog gevat nie, en julle is onskuldig, want julle het nie die dogters vir hulle gegee nie.”
23 Die Benjaminiete het dit toe gedoen. Terwyl die meisies gedans het, het hulle vir hulle die regte getal vrouens kom steel. Die Benjaminiete is toe daar weg, terug na hulle grondgebied toe. Hulle het hulle stede herbou en daarin gewoon.
24 Die Israeliete is toe ook daar weg, elkeen na sy stam en sy familie, elkeen na sy grondgebied toe.
25 In daardie tyd was daar nog nie 'n koning in Israel nie, en elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë.